Ek ry die ander dag so lekker rond...net om so bietjie te chill en weg te kom van die plek af...
Die heelpad wat ek ry is al die mense met hulle headphones en tekkies besig en hulle draf of stap net die mal ding. Nou wat baie opvallend is van die hele besigheid, meeste van die mense wat so lekker draf of stap is lekker stewig op die aarde gesit...if you know what i mean.
Nou as ek dit reg het, en ek dink ek het. Dan moet oefening jou mos minder stewig maak. So...i came to the conclusion dat stap en draf maak jou VET! Jaja ek weet hierdie is nou 'n huge surprise en baie gaan nie hulle oë glo nie...but think about it! Dis net logies...almal wat jy sien met hulle tekkies en headphonetjies is mollig. En die een ding wat 83.32% van hulle in gemeen het is hulle draf of stap net die mal ding. Nou ekt niks teen stewige mense nie...eks self 'n ossie, maar ekt so spesmaas as ek ook die headphones en tekkie ding begin doen gaan die persentasie styg na 83.33%.
Net so gedagtetjie vir vandag...
Bye Bye.
=>
No comments:
Post a Comment