This is where it all starts...

Saturday, 4 June 2011

Oh My Word...just asking...

Speedo's regtig? Dis degrading aan die human race! Niemand lyk goed daarin nie. Ek gee nie om of jy David Beckham is nie!

Daai stukkie swemlap beteken niks! Nothing I tell YOU! With my finger in the air...not the middle one though, that would just be rude. Die ou se sonbril is groter as die Speedo. It a shame. Mense noem dit die human race omdat almal altyd so haastig is. Partykeer moet mens net bietjie rustig raak en dink oor die dieper dinge in die lewe...soos HOEKOM MAAK HULLE SPEEDO'S?? Of wat om te maak vir aandete en hoekom party mense kaalvoet in Bellville-Wes stap...het julle al die plek se strate beleef? Het julle al die plek beleef? Dis ongeflippenlooflik! Dit sal nie 'n skok wees as hier nou 'n ou met 'n Speedo verby die "koshuis" loop nie. Die mense snuif belaglik baie petrol hier oorkant die straat...weet hulle nie hoe duur brandstof is nie? Het julle al opgelet hoe mors polka dots met mens se oë? Die arme goed weet nie waar om te fokus nie. Dit kan blykbaar seizures veroorsaak.

Het julle geweet in 10 jaar het Amerika $290 biljoen aan advertising vir die fashion industry spandeer! Dis belaglik...imagine, met daai geld kan hulle Zimbabwe uit 'n krisis help. Hulle kan die hele Etihopieë vier keer kos gee en nog change oor hê. Hulle kan vir Donald Trump 'n nuwe hairstyle kry en asseblief vir Janice op Friends 'n nuwe stem!
Wie het die afdrooglap uitgedink?

En hoekom is die mense by Checkers so nors?

Stop this madness!

Die vrae gaan soos 'n stoomtrein deur my kop. Its bound to explode soon.

Dankie aan die 3 en 'n half van julle wat die blog lees. Hehe.

Wees nice met vreemdelinge. Make a new friend.

=>

1 comment:

  1. Hi Bertha! het toevallig op jou blog afgekom! het my natuurlik in n papie gelag! awesomeness!!
    ek het die woord 'bad matjies' gegoogle, dringend opsoek na matjies wat actually werk..jy weet, daai gras soortes is great! nou ja...toe kom ek op jou af! kom ek se jou...beter as bad matjies! dankie jyt my dag gemaak.

    van n koue London

    ReplyDelete